afrikaans

NicP Meropa hou regte Afrikaanse Makietie · read more »

Die Meropa Casino & Entertainment World sal op 11 en 12 Desember ‘n feestelike warboel veroorsaak wanneer die Afrikaanse kultuur daar ten toon gestel word.

Die publiek sal geleentheid kry om hul kersinkopies by Meropa te doen wanneer kwaliteit uitstallings in die kulturele sentrum besoek kan word. Oud en jonk sal kan deel in die pret wat die twee dae aangebied sal word.

Maatskappye uitgenooi om op Vrydag 11 Desember hul potjiekos-vernuf ten toon te stel tydens die Meropa Makietie se “Waar dit Kook” uitdaging. Registrasie is gratis en die fokus sal op pret en plesier val. Thys die Bosveldklong sal die hoofbeoordelaar van die kreatiewe potjies wees en die aand om 20:00 die vermaak verskaf in die konferensiesentrum.

Vrydagmiddag om 15:00 sal ‘n danswerkwinkel en kompetisie vir kinders aangebied word. Die kinders word veral betrek by die speelpark en vermaaklikheidsprogram gedurende die twee dae. Springkastele, ‘n waterwurm, go-karts en boeresportspeletjies sal geniet kan word.

Op Saterdag 12 Desember om 14:00 sal Nadine Blom die kleingoed vermaak met musiek en saamsing. Die Broers gaan die gehoor Saterdagaand in die konferensiesentrum vermaak met hul lekker kuier-musiek.

‘n Kinderpartytjie vir minderbevoorregte kinders word vir die Saterdagoggend beoog en sal in die markiestent aangebied word. Kinders sal slegs op uitnodiging die partytjie kan bywoon. Verskeie plaaslike kunstenaars sal die geleentheid kry om voor die kuiergaste van die Makietie op te tree.

Saterdagmiddag sal nog ‘n hoogtepunt wees wanneer gesinne uitgenooi word om in spanne van vier aan die boeresport deel te neem. Sakresies, eiergooi, melk in ‘n soplepel ens sal gespeel word om die “Beste Boere” te kies.

Elke dag se toegang tot die terrein is gratis. Die twee vertonings deur Thys die Bosveldklong en Die Broers sal R30 per person kos.

Kontak Dia van Staden by 083 726 1180 of stuur ‘n epos aan deevs@telkomsa.net vir meer besonderhede of om jou span vir die potjiekos of boeresport te in te skryf.

Algemene navrae kan gerig word aan Meropa Casino & Entertainment World by 015- 290 5400

Kliek hier onder onder FILES om die potjiekos inskrywingsvorm af te laai.

Images:
Thys die Bosveldklong
Please login or register to comment.

Hoërskool Pietersburg

Afrikaans high school in Polokwane

Heuwelkruin Kollege (Group)

Afrikaans medium private school in Polokwane

Die nuttigste woord in afrikaans

Tags: 
afrikaans
Tags: 
nuttige
Tags: 
woord
Tags: 
dinges




Haartjie in my Neus

Afrikaans humour columns by NicP

Akademie Reformia

Phone: 015 298 8145
Syndicate content