Ses Snare speel in Polokwane

Ses snare wat in Polokwane optree

Die gewilde groep Ses Snare, dis nou Mathys Roets, Mel Botes, Blackie Swart, Wouter van de Venter, Leon Ecroignard en Thean Kotze, het hierdie jaar vir die eerste keer op Aardklop gespeel. En nou speel hulle op 12 Augustus in Polokwane.

En ja, Mathys Roets is terug op sy pos saam met die ses snare nadat hy vroeër vanjaar oppad na die KKNK  in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was.

Wat sal ek hoor?

Waar sal jy ses meer uiteenlopende musikante saam op een verhoog kry as hierdie klompie musikante? Gedink jy gaan Liewe Lulu en Koos Dup hoor? Nee, hierdie manne hark hulle kitare nader en met snaar en stem stof hulle van die beste treffers van Queen, Dire Straits, Bob Dylan, Pink Floyd, Eric Clapton, Stingen ‘n paar ander legendes deeglik af.

Treffers soos

laat die voete jeuk terwyl Sultans of Swing pure hoendervleis gee met Blackie en Mel se solo’s. Mathys se meesleurende weergawe van So long Marianne, Leon met Sting se Roxanne, Thean se eie komposisie Neem my saam en Wouter met sy stoute rock-song Warm is ander hoogtepunte.

Moenie ‘n show met verskuilde boodskappe en diepsinnige onsinnighede verwag nie. Die Ses Snare raak wel ernstig as dit by musiekmaak kom - hulle praat ‘n bietjie nonsens tussen-in - maar die meeste van die tyd sing en speel hulle die enamel van jou tande af.

Los jou stywe boordjie tuis en bring jou los voete saam vir hierdie een! Al die Ses Snare se vertonings by die KKNK was vooraf uitverkoop en hulle was onder die tien topverkopers  by die fees. 

Wie baat?

Die instansies wat voordeel trek uit die opbrengs is:

Die organiseerders verkoop die kaartjies teen R100 elk wat hulle in staat behoort te stel om R34 000 aan die begunstigdes gee. Hulle sou egter graag R40 000 wou uitdeel aan die begunstigdes en daarom nooi hulle ondernemings uit om ‘n gedeelte van die konsert se koste te borg in ruil vir vermelding in die program. Die onderneming se logo of advertensie sal ook in pouse op ‘n groot skerm geadverteer word.

Indien u slegs in die program wil adverteer is die koste R100 per kwart van ‘n A5 grootte bladsy. Stuur asseblief u advertensie aan Sonsie Scott wat  die program ontwerp doen.

Dis die tweede keer dat Marcato ‘n konsert aanbied ten bate van die gemeenskap. Twee jaar gelede was hul eerste konsert - Saamklank – en kon hulle R10 000 oorhandig aan die begunstigdes. Help met die projek en kom geniet ‘n aand van eersteklas vermaak.

As jy herinner wil word aan die konsert, registreer op WHIP wat dan 'n e-pos aan jou sal stuur die dag voor die optrede.

Wanneer?

18:30, PHS se Saal, R 100 pp. Kaartjies by Leonè's Geskenkwinkel in die Game Sentrum of Charlotte Vlok by 082 447 2917