YS IN 'N VLAMKOMBERS

NicP YS IN 'N VLAMKOMBERS

NG-Noord Pietersburg vier vanjaar hul sestigste feesjaar met verskeie aktiwiteite tydens hul Borreltyd program.

Gisela de Villiers se uitvoering op Saterdag 6 Maart om 09:30 by NG-Noord se kerksaal, is 'n reis na binne. Sy het in skrywes en musieke wat van lank gelede tot in die hede strek, gaan delf. Gisela glo onwrikbaar dat die lewe goed is, en dat humor oral uitloer, selfs onder baie moeilike omstandighede.

Die uitvoering met die titel "Ys in ‘n Vlamkombers" nooi die gehoor uit om hierdie reis mee te maak. Waar mens ookal deur die lewe beweeg, word mense en situasies met 'n doel op jou pad geplaas.

Gisela hoop om saam met jou by daardie doel uit te kom. Sy het ook nuwe musiek vir die uitvoering geskryf, wat 'n sagte lig werp op kwessies wat soms té ernstig opgeneem word.

So kom. Ry saam!

Kaartjies beloop R100 per persoon en is by die NG-Noord se kerkkantoor beskikbaar of by 015-287 9700 of bel Dia by 083 726 1180 vir meer inligting.

Images:
Gisela de Villiers