Ons Hokkie-Bokkies beste by Tuks-reeks

Ons kondig met groot trots aan dat ons dogters-hokkie vir die eerste keer in die skool se geskiedenis as die algehele wenner van die NuPower Tuks-reeks aangewys is. Baie geluk!

Wat meer is: ons o/14A’s (1 elk vs HTS Middelburg), o/16B’s (wen Ermelo 3 - 0), en 1ste span (1 elk vs EG Jansen) het in die finale rondte vir eerste of tweede plek uit 16 skole uitgespeel. Die o/16A’s het 3de geëindig met die o/15A’s 7de. Baie geluk en dankie aan die dogters en hul ouers wat geen moeite ontsien het met oefeninge nie. Baie geluk en dankie ook aan die volgende afrigters: s 1ste - Charine Prinsloo, o/16A - Lindy Bye, o/15A - Freek Schutte, o/14A - Ina vd Merwe, 2de - Marike O’Reilly, o/16B - Adri Minaar, o/15B - Dorinda Bester en o/14B - Alta Botha.

 

AttachmentSize
ACB_9776.JPG38.37 KB