SKOOLGELD VIR 2009
1. AMPTELIKE REGISTRASIE
1.1 R300 registrasiefooi vir toelatingsevaluering (nie terugbetaalbaar).
1.2 Sodra ‘n voornemende leerling (ná aflegging van die toelatingsevaluering) ‘n uitnodiging ontvang om ‘n leerling van Heuwelkruin Kollege te word), is die volgende fooi betaalbaar binne 14 kalenderdae:
•Skuldbrief + onderriggeld ten bedrae van een maandelikse betaling (R20 000 en 1ste maand se skoolgeld vir Januarie 2009 na ondertekening van die kontrak.
2. BETALINGSTERMYNE
• Jaarliks (eenmalig)
5% korting word toegestaan op onderriggeld indien volle betaling voor of op 28 Februarie geskied.
• Kwartaalliks
(Gelde van toe passing betaalbaar op die lste dag van elke skoolkwartaal)
• Maandeliks
(Gelde van toepassing betaalbaar op die eerste dag van Februariel Maartl April, Mei, Junie, Julie, Augustus, September, Oktober (9 maande) of die naaste dag daaraan in geval van ‘n naweek of openbare vakansiedag)
3. BEURSE EN PRESTASIEBEURSE
• Gesinsbeurse: Word geadministreer deur die Registrateur.
• Prestasiebeurse: Word geadministreer deur die Kremetartklub.
Akademiese prestasiebeurs
Leierskap prestasiebeurs
Sport prestasiebeurs
Kultuur prestasiebeurs
Aansoeke open op 13 Oktober 2008 en sluit op 30 November 2008.
4. KORTING
Die volgende kortings word toegestaan om ouers met meer as een kind tegemoet te kom.
1. Korting op 2de kind: -5%
2. Korting op 3de kind: -10%
3. Korting op 4de kind: -20% (totale rekening)
4. Korting op vooruitbetalings voor 31 Januarie: -5%
6. SKOOLKLERE/SPORTDRAG
Word deur ouers aangekoop by Oom Jors se winkel by Heuwelkruin Kollege.
7. KAPITAALONTWIKKELINGSFONDS
Beloop R225 per leerling per kwartaal.
8. KLASKAMERFONDS
Word deur klasma’s vasgestel en beloop ±R350 per jaar.
9. HANDBOEKE EN LEESBOEKE: GR. 1 - 12
Handboeke en leesboeke word by die skool se winkel: Oom Jors se winkel, aangekoop. Aan die einde van die jaar koop die skool weer die boeke teen ‘n nominale bedrag terug indien die boek in ‘n goeie toestand is. Daar is dus ‘n keuse tussen tweedehandse en nuwe boeke vir ouers.
Skryfbehoeftes en skrifte: Gr. 1 – 12
Skryfbehoeftes en skrifte word in pakkette volgens elke graad se behoefte by Oom Jors se winkel verkoop. Wanneer u só pakket aanskaf het u kind alles wat hy/sy benodig vir die jaar. Gom en penne moet addisioneel deur die jaar aangevul word.
10. BETALINGSMETODES
•Per debietorder
•Per tjek uitgemaak aan Heuwelkruin Kollege
•Direkte Elektroniese bankinbetalings
11. EKSAMENFOOIE
Die addisionele bedrag om fooie en kostes wat deur die eksterne eksamenliggaam (IEB) gehef word, word deur die skool betaal.
12. MUSIEKSENTRUM
‘n Addisionele fooi is per kwartaal betaalbaar vir individuele musiekonderrig ook ten opsigte van verhuringsfooie van instrumente.
13. TOERE
Sport- en kultuurkampe word addisioneel gehef ten opsigte van verblyf en etes. Daar is geen koste verbonde aan vervoer na en van sport- en kultuuraktiwiteite nie. Toernooifooie en/of programfooie word deur die skool gedra. Klub Weg val nie onder hierdie bepaling nie.
14. NASKOOLSENTRUM
Naskoolsorg is beskikbaar vanaf 16:00 tot 17:30. Fooie word direk by die Sentrum vereffen.
15. BUITEMUURSE AKTIWITEITE
‘n Verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite word aangebied. ‘n Volledige lys hiervan is by ontvangs beskikbaar.
16. KENNISGEWING
In terme van die ooreenkoms wat deur die ouers/voogde tentyde van hul kind se inskrywing onderteken word, moet skriftelike kennisgewing ‘n termyn vooruit geskied indien sodanige ouers hul kind uit die skool wil haal. (Alternatiewelik word ‘n volle termyn se skoolfooie in die plek van kennisgewing vereis).
Kennisgewing word waardeer aangesien dit die skool in staat stel om die nodige reëlings vroegtydig te tref.
17. BANKBESONDERHEDE
Rekeningnaam: Heuwelkruin Kollege
Bank: ABSA
Bankkode: 632005
Rekeningnommer: 406 877 6782
Verwysingsnommer: Leerling se naam en van
- Login or register to post comments
- 841 reads
- Send to a friend