Heuwelkruin skooldragvoorskrifte

Tags: 
skooldrag
Tags: 
skoolreels

1. Amptelike skooldrag:

Hoërskool

Dogters:
1. Kortmou skoolhemp (Beige)
2. Blou tartan rompie (nie korter as vier vingers [dwars] bo die knie en ook nie langer as twee vingers [dwars] bo die knie)
3. Blou kuitkouse
4. Bruin leerskoene met bandjie oor die voet.
5. Bruin oortrektrui met wapen. (Mag alleen saam met skooldrag gedra word)
6. Bruin langmoutrui wapen. (Mag nie alleen saam met skooldrag gedra word – slegs saam met kleurbaadjie)
7. Kleurbaadjie met wapen.

Seuns:
1. Kortmou skoolhemp (Beige)
2. Grys broek (opsioneel kort in somer en lank in winter)
3. Grys kouse
4. Bruin poleerbare toeryg skoene
5. Bruin oortrektrui met wapen. (Mag alleen saam met skooldrag gedra word)
6. Bruin langmoutrui wapen. (Mag nie alleen saam met skooldrag gedra word – slegs saam met kleurbaadjie)
7. Kleurbaadjie met wapen.

Leerlinge moet te alle tye die skool bywoon in volle skooldrag, soos voorgeskryf. Dit is belangrik dat leerlinge die beeld van die skool moet uitdra deur ‘n netjiese en versorgde voorkoms. Sodoende word ook trots vir die eie ontwikkel. Sweetpakke en middagdrag maak nie deel uit van die daaglikse skooluniform nie.

Verlof sal deur onderwysers in klasse gegee word om baadjies uit te trek. Wanneer ‘n leerder op die stoep is moet hy/sy in volle skooldrag wees.

Laerskool

Dogters:
1. Blou skoolrok (nie korter as vier [dwars] vingers bo die knie en nie langer as 2 [dwars] vingers bo die knie)
2. Blou sokkies
3. Bruin leerskoene met bandjie oor die voet.
4. Blou oortrektrui met wapen. (Mag alleen saam met skooldrag gedra word)
5. Langmoutrui met wapen. (Mag nie alleen saam met skooldrag gedra word – slegs saam met kleurbaadjie)
6. Bruin kleurbaadjie met wapen.

Seuns:
1. Kortmou hemp (Beige)
2. Kort grysbroek (knie lengte met omvou)
3. Bruin leer toerygskoene.
4. Blou oortrektrui met wapen. (Mag alleen saam met skooldrag gedra word)
5. Langmoutrui met wapen. (Mag nie alleen saam met skooldrag gedra word – slegs saam met kleurbaadjie)
6. Bruin kleurbaadjie met wapen.

Leerlinge moet te alle tye die skool bywoon in volle skooldrag, soos voorgeskryf. Dit is belangrik dat leerlinge die beeld van die skool moet uitdra deur ‘n netjiese en versorgde voorkoms. Sodoende word ook trots vir die eie ontwikkel. Sweetpakke en middagdrag maak nie deel uit van die daaglikse skooluniform nie.

Verlof sal deur onderwysers in klasse gegee word om baadjies uit te trek. Wanneer ‘n leerder op die stoep is moet hy/sy in volle skooldrag wees.

2. Algemene voorkoms:

2.1 Hare:

Dogters:
2.1.1. Hare moet ten alle tye skoon en netjies wees.
2.1.2 Hare wat onder kraaglengte is moet vasgemaak word.
2.1.3. Hare mag in een of twee boksterte vasgemaak word.
2.1.4. Hare mag in een of twee bolletjies vasgemaak word, Hoërskool dogters mag
los bollas dra – geen slierte mag afhang.
2.1.5. Haar bykomstighede moet in enige van die drie kleure van die skooldrag (vlootblou, beige, of bruin wees) slegs linte en haarrekkies of –knippies word toegelaat. Skuifknippies moet by die leerder se haarkleur inpas.
2.1.6. Stileringsmiddels mag in matigheid op korthare gebruik word in style wat nie aandag van die skooldrag of leerder aflei nie.
2.1.7. Kuiwe mag nie in gesig hang nie.
2.1.8. Verkleuring: Hoërskool dogters mag ligstrepies in hare dra wat hul natuurlike kleur komplimenteer.

Seuns:

2.1.1 Hare moet ten alle tye skoon en netjies gestilleer wees.
2.1.2 Wanneer die bolyf en kop reggop gehou word mag die hare se langste punt nie aan die kraag raak nie.
2.1.3 Wanneer die kuif vorentoe gekam word mag dit nie oor die wenkbroue hang nie.
2.1.4 Van die nek af boontoe moet die hare geleidelik dikker word.
2.1.5 As die hare aan die kant van die kop reguit gekam word, mag dit nie aan die ore raak nie.
2.1.6 Geen verkleuring van hare word toegelaat nie.
2.1.7 Bakkebaard mag nie laer as die onderste punt van die gaatjie in die oorskulp strek nie.
2.1.8 Indien die hare kort geskeer word, geld die volgende minium vereistes: nr.1 kammetjie vir Graad 10 en ouer en nr.2 kammetjie vir die res van die skool.
2.1.9 Stilleermiddels mag gebruik word om hare te beheer en te stiller (in matigheid sonder dat aandag van leerder afgetrek word)

2.2 Grimering:

2.2.1 Geen grimering word toegelaat nie.

2.3 Juweliersware en ander versiersels:

2.3.1 Dogters mag oorringetjies (nie breër as 2mm) of knopies (sonder stene) in ore dra (een in elke oor).
2.3.2 Armhorlosies – Seuns en dogters
2.3.3 Geen ander juweliersware word toegelaat nie.

2.4. Naels:
2.4.1. Naels moet kort en netjies wees, Hoërskool dogters mag deursigtige naellak dra.