Plaaslike vrou weer in hof
Een van Polokwane se nou reeds bekende inwoners, Me Yvonne Beetge, het weereens verlede week in die Polokwane Magistraatshof verskyn.
Die 42- jarige vrou staan tans tereg op vier klagte van bedrog sowel as een van moord, in twee aparte sake.
Die bedrogklagte het voortgespruit uit die tydperk ‘n paar jaar gelede toe sy by PEP Stores werksaam was. Beetge het na bewering geld en ander items by haar werknemer gesteel. Die saak is uitgestel na volgende Woensdag.
Beetge is verlede jaar ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar gegee nadat sy skuld beken het op 17 aanklagte van bedrog en een van diefstal.
Die moordsaak hou verband met die dood van mnr Bokkie Grundlingh (53), op wie se lyk sy glo in November verlede jaar by sy huis in Peninapark afgekom het. Volgens inligting is ‘n vuurwapen naby hom gekry en daar was blykbaar ‘n selfmoordbrief. Beetge is eers in Februarie in hegtenis geneem in verband met Grundlingh se dood. Mnr Theron Wessels het aangedui dat Beetge by haar volgende verskyning, 8 April, aansoek sal doen vir borg.
Groups:
- Login or register to post comments
- 1737 reads
- Send to a friend