NG-Noord Gemeente Pietersburg

NG Kerk in Polokwane
NicP YS IN 'N VLAMKOMBERS · read more »

NG-Noord Pietersburg vier vanjaar hul sestigste feesjaar met verskeie aktiwiteite tydens hul Borreltyd program.

Gisela de Villiers se uitvoering op Saterdag 6 Maart om 09:30 by NG-Noord se kerksaal, is 'n reis na binne. Sy het in skrywes en musieke wat van lank gelede tot in die hede strek, gaan delf. Gisela glo onwrikbaar dat die lewe goed is, en dat humor oral uitloer, selfs onder baie moeilike omstandighede.

Die uitvoering met die titel "Ys in ‘n Vlamkombers" nooi die gehoor uit om hierdie reis mee te maak. Waar mens ookal deur die lewe beweeg, word mense en situasies met 'n doel op jou pad geplaas.

Gisela hoop om saam met jou by daardie doel uit te kom. Sy het ook nuwe musiek vir die uitvoering geskryf, wat 'n sagte lig werp op kwessies wat soms té ernstig opgeneem word.

So kom. Ry saam!

Kaartjies beloop R100 per persoon en is by die NG-Noord se kerkkantoor beskikbaar of by 015-287 9700 of bel Dia by 083 726 1180 vir meer inligting.

Images:
Gisela de Villiers
Please login or register to comment.

Comments

Borrel met woorde by NG Gemeente

Borrel met woorde

’n Geleentheid vir jongmense om hul skryftalent van ’n jong ouderdom af te ontwikkel en ontdek word tans by die NG-Noord gemeente vir Graad vier tot agt leerders aangebied.

Die poppekas van die gemeente wil graag nuwe materiaal bekom wat deur die kinders self geskryf word om te verseker dat dit relevant sal wees vir hul ouderdomsgroep. Stukke wat geskryf word sal slegs in Afrikaans toegelaat word en slegs een registrasie per kind kan ingesluit word.

Temas waaroor hulle kan skryf sluit in:
a. Skoolwerk en sport hou my so besig, dat ek Sondag te moeg is om selfs 'n uur aan Jesus af te staan.
b. Jesus maak my hartjie rein
c. Vriende is belangrik
d. Ek en my ouers baklei gedurig.
e. Vergifnis as ek iets verkeerd gedoen het. Hoe werk dit, en kan ek vergewe word?
f. Ek is ’n Christen. Wat maak my so uniek?
g. Ons gemeente se 60ste verjaarsdag!
h. Probeer alles en behou die goeie is dit waar?
i. Daar is EEN slegte ding op aarde wat ek graag wil verander en dit is...
j. 2010 kan mos nie NET oor Sokker gaan nie...
 

Stukke mag nie langer as die verskafte bladsye wees nie en nie korter as een A4 bladsy nie en moet in gedrukte vorm of geskrewe woorde verskaf word. Die vyf poppekaskarakters, waarvan drie ingesluit moet word, se name is Gertruida, Fikse Frieda, Dries, Henrique en Kaspaas.

Registrasies kos R50 en sluit op 22 Februarie. Stukke moet by die NG-Noord Pietersburg se kerkkantoor ingehandig word. Bel Dia van Staden by 083 726 1180 vir meer inligting of

stuur epos om registrasievorm te bekom.

'n Gekose span beoordelaars sal deur die inskrywings lees voordat die tien top inskrywings gekies word wat op Donderdag 4 Maart hul poppespel sal opvoer en dan sal Borrel met Woorde.

NicP

Borrel op Note by NG Noord

Registrasies vir ‘n Borrel op Note geestelike sangkompetisie vir skoolgaande seuns en dogters tussen die ouderdom van 8 en 18 jaar oud sal tot 22 Februarie vir voornemende deelnemers oop wees.

Op Woensdag 3 Maart om 15:00 sal die uitdunne vir die sangkompetisie gehou word. Solo en duet optredes sal toegelaat word, maar slegs een geestelike lied per inskrywing word toegelaat. Daar word uitgesien na die eie komposisies of kontemporêre musiek wat vir die beoordelaars gesing sal word.

‘n Klavier is beskikbaar, maar ander instrumente is ook welkom indien ‘n sanger hom of haarself wil begelei. Afrikaanse of Engelse liedjies kan gesing word tydens die Borrel op Note kompetisie.

Die finale rondte sal op Vrydag 5 Maart om 18:00 by NG-Noord gemeente se kerksaal aangebied word. Registrasies beloop R100 per persoon en slegs een inskrywing elk word toegelaat.

Deelnemers sal elkeen ‘n vorm met kommentaar van die beoordelaars ontvang. Gisela de Villiers sal ook deel vorm van die beoordelingspan tydens die finale aand.

Skakel Amrian by 082 460 2441 vir meer inligting of besoek die NG-Noord kerkkantoor weeksdae gedurende kantoorure om ‘n registrasievorm te kry. Bel die kerkkantoor by 015–2879700 of stuur epos om navraag te doen
Borreltyd sluit die volgende op hul program in:
27 Februarie - tree Onbeskaamd op.
4 Maart - Borrel met Woorde skryfkompetisie vir die poppekas deur Graad 4 tot 8 leerlinge.
5 Maart - Borrel op Note geestelike sangkompetisie.
6 Maart- ma-en dogter spogoggend met Gisela de Villiers as gaskunstenaar.
12 Maart - Poppetee vir dogters en hul poppe.              
.

 

NicP

Comment viewing options

Select your preferred way to display the comments and click "Save settings" to activate your changes.