Dr Arina Lanser, 'n dinamiese Opvoedkundige Sielkundige praat op 23 Oktober in Polokwane oor "Is ek as ouer gereed vir die eise van Gr 1?"
Bio:
Dr Arina Lanser het grootgeword in Nigel en gematrikuleer aan Hoërskool John Vorster. Sy het twee kinders, 'n dogter, Carize en 'n seun, Marinus.
Sy praktiseer al vir meer as 20 jaar en is geregistreer by die HPCSA. Sy was die sielkundige vir die Idols-finaliste in 2003 en het al verskeie radio onderhoude gevoer op stasies soos RSG asook in TV-programme op SABC 2 en SABC 3. Sy skryf artikels vir Vrouekeur en Leef en tree gereeld op as spreker by skoolfunksies.
Sy was genomineer as finalis vir die Wesrand-Sakevrou in 2007 en is 'n onafhanklike sielkundige vir die Practica-Program sedert 2008.
Wanneer: 23 Oktober
Registrasie: 08:00. Begin 08:30
Waar: Saal van Hervormde Kerk, H/V Thabo Mbeki straat en Hans v Rensburg (ingang Thabo Mbeki.)
Kursusgelde: R350 pp of R500 per paar.
Navrae: Debbie Kampherbeek 083 635 7089.
Die kursus word in Afrikaans aangebied en ‘n volgende keer sal dit in Engels aangebied word.
Webblad