Nadia van Rensburg Photography

No public posts in this group. You must register or login and become a member in order to post messages, and view any private posts.
Photographer in Polokwane

Comments

OUMA ROUX (94) STEM

'n Baie mooi storie.  Laat dit vir ons almal 'n les wees.

OUMA ROUX (94) STEM!

Hier is so paar kiekies van Ouma Anna Roux wat 26 Julie 2011 'n volle 94 jaar oud word.

Sy lees die koerant DAAGLIKS om te sien wat in die wêreld daar buite aangaan en sy volg die politiek slaafs!
 
Op stemdag het sy my baie vroeg al herinner ons MOET gaan stem... Hoewel ek nie heeltemal positief was oor die mission om haar in die kar te laai met die rolstoel nie, het sy net vir my gesê "My kind, as ons NIE stem nie, is dit nog 'n stem in die vyand se boksie wat NIE mag gebeur nie. Ons stem vandag. Uit en klaar!"  Ek het geen opsie meer gehad na haar speech vir my nie en ons is soontoe.

Almal was baie dankbaar en bly dat sy kom stem het op haar hoë ouderdom en sy was 'n inspirasie vir die wat dit nie kom doen het nie.
 
Vanaand toe ek die gemerkte vinger wou was, was sy vinnig om vir my te sê " Nee, Los dit net daar, dis die teken dat ek gaan stem het en ek is baie trots op die merkie op my vinger...."
 
Dis die storie van my liefse Old Lady!

Nadia

Foto's: www.nadiafotografie.co.za

 

Ouma Anna Roux (94) wat op stemdag 2011 gaan stem het

Ouma Anna Roux (94) wat op stemdag 2011 gaan stem het se bewys van stem

Ouma Anna Roux (94) wat op stemdag 2011 gaan stem het met kleindogter Nadia

Ouma Anna Roux (94) wat op stemdag 2011 gaan stem het

 

 

NicP

Comment viewing options

Select your preferred way to display the comments and click "Save settings" to activate your changes.