Pietersburg Laerskool en Oosskool takel mekaar hierdie jaar weer om te sien wie die meeste bloed kan skenk voor die winter aanbreek.
Aangesien die leerlinge te jonk is om bloed te skenk, val die uitdaging op die onderwysers en ouers om te kyk wie die meeste eenhede bloed kan skenk. Verlede jaar het beide skole elk meer as 230 eenhede geskenk.
Daar is ook 'n kompetisie met die klas wat die meeste eenhede skenk wat R3000 se koopbewyse ontvang.
In Junie ondervind die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS)‘n afname in bloedskenkings as gevolg van winter verkoues en griep. Met die Wêreldbeker op hande word daar tans spesiale werwings van bloedskenkers gedoen om voldoende voorraad beskikbaar te stel vir pasiënte wat dit mag benodig.
Mense wat bloed ontvang sluit in kankerpasiënte, kindergeboorte en ginekologiese pasiënte, trauma gevalle en mense wat heupvervangingsoperasies of rugoperasies ondergaan, om ‘n paar te noem.
Pietersburg Laerskool sal hul bloeidag op Dinsdag 1 Junie 2010 hou terwyl Oosskool se bloei op Dinsdag 8 Junie 2010 sal plaasvind.
Indien u bo 50kg weeg, tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar is en ‘n veilige, gesonde leefstyl handhaaf kan u bloedskenk.
MyPolokwane sal by albei geleenthede 'n draai maak om materiaal in te samel vir publikasie op die skole se inskrywings. Oosskool hier en PLS hier